top of page
Buffeljagsrivier school  badge.png
Gr3.jpg

Graad 3

 

Opvoeder : Me. Sané du Toit

Vakke aangebied

 

Graad 3 leerders deurloop die volgende vakke - Afrikaans, Engels, Wiskunde en Lewensvaardigheid.

Wenke vir Ouers

 

Motiveer jou kind positief.

Kinders mag foute maak, 'n mens leer uit jou foute.

Moet nooit te bang wees om te waag nie. Moedig jou kind aan om te waag in die lewe.

"Pick your fights" - vra jouself af of dit regtig saakmaak voordat jy hulle dwing om iets te doen.

Geen 2 kinders is dieselfde nie - moenie kinders met mekaar vergelyk nie.

Kontroleer elke dag u kind se huiswerk.

Moedig u kind aan om lees- en leergierig te wees, asook om vrae te vra. Moedig u kind aan om op 'n selfstandige wyse dinge aan te pak en af te handel.

Ondersteun u kind in alles wat hulle doen. 

Moenie u kind se huiswerk vir hom of haar doen nie - ondersteun net.

 

Kospakkies

 

Fokus deurlopend daarop om aan u kind gesonde kos te gee.  Dit sluit in bruinbrood, vars vrugte en genoeg skoon vars water. Sit vir u kind yswater in - hulle mag water in die klas drink.  Skakel lekkers, chips en goedkoop koeldrank uit.

 

Benodighede

 

Sorg asseblief dat u kind die volgende het met die aanbreek van die nuwe skooljaar:

4 HB potlode; “spacecase”; skêr; uitdraaikryt of kleurkryt; uitveer; skerpmaker; 2 buisies Pritt; 1 dik lêer; 2 “Flipfiles” met 10 sakkies elk en 'n Dagboek.

Maak ook deurlopend deur die jaar seker dat u behoeftes aanvul ten einde u kind instaat te stel om effektief te kan werk.

 

 

Kommunikasie tussen huis en skool

 

Gaan elke dag u kind se skooltas na vir ‘n moontlike omsendbrief. Voltooi die briefie betyds en plaas dit terug in die skooltas. Ouers moet ook op 'n daaglikse basis huiswerkboeke teken. Boodskappe word ook in huiswerkboeke aangeteken.

Geniet hierdie nuwe fase wat u kind nou binnegaan. Ervaar die lewe deur die oë van u kind. Gebruik saam met hom/haar die geleenthede en voorregte wat die skool hom/haar bied. Help bou aan sy/haar selfbeeld en opvoeding.

Kontak gerus u kind se onderwyseres indien daar enige sake is wat u met haar wil bespreek.

Langenhoven het gesê:

 ‘n Mens kan maar jou geleerdheid by die skool agterlaat en net jou opvoeding saamneem. Geniet jou kind.

 

 

Wat verwag juffrou van u as ouer?

 

Besoek die skool gereeld.  Kyk gerus rond en gesels met u kind se juffrou.   

  • Help u kind met deelname aan projekte.  Gee hom/ haar byvoorbeeld die nodige tydskrifte waaruit hy kan knip.

  • Wees saam met hom/haar betrokke by die skool en entoesiasties oor aktiwiteite

  • Hou u kind fyn dop. Let op as hy/sy siek is en praat gereeld met hom/haar, veral as u sien hy/sy lyk ‘n bietjie bek-af.

  • Wees objektief teenoor sy/haar foute, probleme en tekortkominge. Erken u kind se tekorte of agterstand.

  • Wees bereid om saam te werk om ‘n probleem, soos swak sig of lae spiertonus, te verbeter.

  • Wees ingelig oor u kind se vordering en skoolaktiwiteite.  Vra wanneer iets onduidelik is of as u bekommerd is.

  • Sorg dat u tuis saam met u kind stories lees en sorg dat hy/sy nie heeltyd voor die TV sit nie.

  • Sorg dat u positiewe druk uitoefen, maar nie sy/haar verwagtings te hoog te stel of die kinders aan te veel bedrywighede laat deelneem nie.

  • Laat weet asseblief as u kind afwesig gaan wees sodat gereel kan word dat die agterstallige werk ingehaal kan word.

  • Ouer-onderwyser-kind verhouding is van uiterse belang.  Wees betrokke by u kind en u kind se onderwyser.

  • Leer u kind die basiese dissipline tuis.

 

"Jou kind is ‘n kosbare kleinnood wat deur geen aardse skat vervang kan word nie.  Hulle is die seuns en meisies van die lewe se verlange na lewe ….. julle mag hulle jul liefde gee, maar nie jul gedagtes nie, want hulle het hul eie gedagtes." - Kahlil Gibran.

Please reload

bottom of page