Laerskool Buffeljagsrivier


Ko-kurrikulêr
Aangesien die meeste kinders ver van die skool bly, poog ons om soveel moontlik aktiwiteite in skooltyd af te handel. Sport vind direk na skool plaas en musieklesse en koor vind gedurende die skooldag plaas. Alle leerders kry geleentheid om in skooltyd kuns, drama en dans te beoefen. Ons neem deel aan redenaarskompetisies, kunswedstryde, die jaarlikse WOW Spelfees, ens.
Eksamen
Junie en Desember vind eksamens plaas. Deurlopende evaluering/assessering vind dwarsdeur die jaar plaas.
Mediasentrum
Ons Mediasentrum is tot beskikking van al die leerlinge en word deur personeellede en mediaprefekte behartig.
Tegnologie
Die skool maak in klasse van interaktiewe witborde en mediaprojekters gebruik. Daar is ook 'n mobiele I-pad sentrum (20 I-pads) wat deur die leerders gebruik word.
Musiek
Leerlinge kan klavier-, kitaar-, blokfluit- en sangonderrig gedurende skoolure by ‘n gekwalifiseerde musiekonderwyser neem.