Laerskool Buffeljagsrivier


Ons Visie
Die Visie van Laerskool Buffeljagsrivier : Die skool wat 'n verskil maak.
Ons Missie
Die missie van die Laerskool Buffeljagsrivier is die algemene vorming van die kind tot ‘n volwaardige lid van die samelewing waarby sy geestelike-godsdienstige ingesteldheid ingesluit is.
Die skool erken elke kind as individu en sal poog:
-
om sy individualiteit te ontwikkel; vir die kind gedurende sy kinderjare die volle geleenthede probeer skep om in die samelewing te ontluik; die kind se persoonlikheid help vorm met ‘n burgersin en self-beheer wat ook die welsyn van sy medemens insluit.
-
om die kind se agtergrond, vermoë en temperament te erken en in ag te neem om sodoende aan elke leerling regverdige behandeling te verseker,
-
om deur beplande aktiwiteite die leerling te lei om in gees en liggaam te groei.