Laerskool Buffeljagsrivier
Kultuur en ander sportsoorte wat ons aanbied
Eisteddfod
Laerskool Buffeljagsrivier se deelname aan die jaarlikse Ratem Eisteddfod lewer altyd goeie prestasies in die verskeie afdelings van
Kuns en Voordrag: Gedigte, Prosa, Dialoë en Spreekkore.
Skaak
Ons skool het skaakstelle in die Wiskundeklas. Wanneer leerders se werk klaar is, word daar skaak gespeel om die ontwikkeling van beide die regterbrein (kreatiewe denke), sowel as die linkerbrein (logiese denke) te bevorder en om konsentrasie-vermoë te verbeter.
Landloop
'n Sportsoort waaraan enige leerder kan deelneem. Deur landloop bou leerders aan hul fiksheid en leer hulle al van jongs af van uithouvermoë en goeie sportmanskap - eienskappe wat ook in ander sportsoorte noodsaaklik is. 'n Landloop wedloop behels waar leerders soms op ongelyke terreine, afstande tussen 2km tot 4km moet aanpak. Die afstande hang af van die leerders se ouderdomsgroepe.
Koor
Ons skool spog met 'n Junior en Senior Koor onder leiding van 'n gekwalifiseerde musiekonderwyseres, Me. Sandra Steyn. Onder haar bekwame leiding tree die Kore by die Eisteddfod, Prysuitdelings en tweejaarlikse konserte op.
Redenaars
Jaarliks bied die skool 'n Interne Redenaarskompetise aan vir die Graad 5 tot 7 leerders. Van die leerders neem ook by Zoetendal Interne Redenaars deel en behaal hoë punte. Ons spog ook met leerders wat by ATKV gaan deelneem het.
Spreekkoor
Å„ Spreekkoor is waar Å„ groep leerders saam Å„ gedig voordra. Ons is bevoorreg dat al ons leerders vanaf Graad R tot 7 elke jaar Spreekkoor doen.