top of page
Buffeljagsrivier school  badge.png

Struktuur en Profiel van die Skool

Die skool akkomodeer 137 leerders vanaf Grade 1 tot 7. Die skool akkommodeer dus 'n gemiddeld van 20 leerders per klas. Daar is vir elke graad 'n onderwyseres.

Hierdie onderrigsituasie, is seker een van die mees ideale onderrigsituasies in die land!  Waar kry jy nog ‘n skool waar daar gemiddeld 20 leerders per klas is en die skoolfonds binne die ouers se vermoë is. 

Die grootste bevrediging en beloning is dan ook om te sien hoe kinders hier ontluik en hoe die beste in elkeen na vore kom.  Omdat die leerders so min is, kry elkeen meer as genoeg geleentheid om op elke terrein deel te neem en sy of haar talente te ontdek.  Almal moet rugby, netbal, mini-krieket, krieket, hokkie of toutrek doen.  Almal neem jaarliks deel aan die Eisteddfod en behaal uitstekende resultate in die kuns-, poësie-, prosa- en spreekkoorafdelings.  Ons kinders sing koor en as daar konserte of talentaande is, neem almal deel.

Een van die beste bewyse van hul suksesse is die top tien prestasielyste by Hoërskool Swellendam waar Buffeljagsrivier se oud-leerders uitstaan!

Ook op sportgebied presteer ons spanne uitstekend wanneer hulle teen ander klein skole deelneem.  Ons Toutrekprestasies is natuurlik seker die grootste bewys van wat daar met baie min vermag kan word – alle eer aan ons hoof en afrigter , Mnr. Fritz.

Ons leerders kom van die nabye omgewing en plaasgemeenskap, Swellendam, Suurbraak en Barrydale.  Die skool besit twee groot busse, en twee kleiner bussies waarmee leerders vervoer word.

Please reload

bottom of page