top of page

Visie

Die skool wat 'n verskil maak!

Missie

Die algememe toerusting van die kind tot 'n volwaardige lid van die samelewing waarby sy geestelike godsdienstige ingesteldheid ingesluit is.

Die skool erken elke kind as individu en sal poog:

  • om sy individualiteit te ontwikkel; vir die kind gedurende sy kinderjare die volle geleenthede probeer skep om in die samelewing te ontluik; die kind se persoonlikheid help vorm met 'n burgersin en self-beheer wat ook die welsyn van sy medemens insluit

  • om die kind se agtergrond, vermoë en temperament te erken en in ag te neem om sodoende aan elke leerling regverdige behandeling te verseker

  • om deur beplande aktiwiteite die leerling te lei om in gees en liggaam te groei.

Ons waardes

Vir ons skool is dit belangrik dat:

  • Onderrig sal geskied vanuit 'n Christelike perspektief.

  • Hoë akademiese standaarde gehandhaaf word.

  • Personeel bekwaam en kundig sal wees.

  • Leerders fisies sal ontwikkel.

  • Leerders as 'n kulturele wese ontwikkel.

  • Leerders gemotiveer word om hulle volle potensiaal te bereik.

  • Ouers 'n integrale rol as prominente deel van die opvoedkundige klimaat geskep te word.

  • Die hoogste vlak van effektiewe bestuur verseker te word.

Vir ons skool is die volgende ook van uiterse belang:

* BETROUBAARHEID                     * OMGEE / DEERNIS

* RESPEK                                        * GEDISSIPLINEERDHEID

* VERANTWOORDELIKHEID         *  GOEIE BURGERSKAP

* REGVERDIGHEID

bottom of page