Laerskool Buffeljagsrivier
Hokkie
Ons o/7 tot o/13 spanne (seuns en dogters) het geleentheid gekry om wedstryde te speel terwyl ons Graad R maats reeds besig is die vaardighede wat nodig is aan te leer.
​
Ons het hierdie jaar volstoom begin met wedstryde. Ons neem deel aan Laerskool Swellendam se BVSA se hokkiedag. Speel vriendskaplike wedstryde teen LOGOS, Breërivier en Laerskool Swellendam. Ons kinders kry ook die geleentheid om verskeie wedstryde op Astro te speel.
​
Ons is so opgewonde om in 2024 met splinternuwe hokkieklere op die veld te draf. Ons is dankbaar vir al ons borge wat ons spelers se potensiaal raaksien.
Ons het ‘n droom gehad om ons leerders die geleentheid te gee om te gaan toer sodat hulle blootgestel kan word aan meer geleethede.
In 2024 het daardie droom waar geword! Ons het met 13 dogters die pad Hartenbos toe gevat. Daar het ons teen verskeie skole gespeel,skole met meer leerders as ons, en ons dogters het nie teleurgestel nie.
Hierdie het gewys dat ons spanne vir niemand hoef terug te staan nie.
Hokkie is nie net ‘n sport waar kinders hul vaardighede en talente uitleef nie, maar dit is ‘n sport wat vrienskappe kweek, uithouvermoë ontwikkel, selfvertroue asook karakter bou.
​
It is not how big you are.... It is how big you play.
​