top of page

Ons Skoolklere

Die voorgeskrewe skooldrag moet tydens skoolure asook na ander skoolaktiwiteite soos deur die beheerliggaam bepaal word gedra word.

Jou skoolklere is jou trots en moet tye alle tye skoon en netjies wees. Onderhemde moet nie sigbaar wees nie en wit of effekleurig wees.

Die skooldragreëls moet nougeset en ten alle tye deur leerders nagekom word. Dit dra by tot die gevoel van trots en samehorigheid.

LET WEL : Enige leerder wat provinsiaal klere verwerf het, mag dit op Vrydae aantrek skool toe.

Die volgende dien as amptelike skooldrag:

Somer seuns:

Buffeljagsrivier sporthempie

Buffeljagsrivier sportbroekie

Wit / donkerblou / grys SPORT tekkies met wit kouse, andersins kaalvoet

Somer dogters:

Buffeljagsrivier sporthempie

Buffeljagsrivier sportbroekie

Wit / donkerblou / grys SPORT tekkies met wit kouse, andersins kaalvoet

Slegs donkerblou haarbykomstighede

Winter seuns:

Buffeljagsrivier sporthempie

Buffeljagsrivier skoolsweetpak

Donkerblou skooltrui (mag slegs onder sweetpaktop gedra word, nie alleen nie)

Skool-windjakker

Wit / donkerblou / grys SPORT tekkies met wit kouse, andersins kaalvoet

Slegs donkerblou handskoene, -beanies en serpe is toelaatbaar.

Winter dogters:

Sportdrag:

Rugby: Wit PT broek. Truie word deur skool voorsien

Netbal: Rokkies word deur skool voorsien

Krieket: Buffeljagsrivier sporthempie en broek. Lang kouse (beskikbaar by kantoor)

Hokkie: Rokkies word deur skool voorsien. Lang kouse (beskikbaar by kantoor)

Atletiek: Drag word deur skool voorsien

bottom of page