Laerskool Buffeljagsrivier
Netbal
Buffeltjie-netbal het spanne vanaf 0/7 – 0/13. Elke span het hul eie afrigter en spelers kry lekker geleenthede vir ontwikkeling.
In Graad R leer ons maats al basiese netbalvaardighede en kry ook geleentheid om saam met die Graad 1’s wedstryde te speel.
In die Grondslagfase fokus ons veral op balvaardighede en leer ons om ons voete reg te gebruik! Ons speel verskeie mini-netbal toernooie en staan nie terug vir groter skole nie! Ons 0/10 – 0/13 netbalspanne floreer pragtig en staan nie terug vir enige opponente nie!
Ons neem deel aan verskeie netbaltoernooie in ons streek en speel ook graag vriendskaplike wedstryde teen buurskole en ander skole in ons liga en streek.
Ons dogters speel pragtige netbal en is altyd leergierig om nóg meer te ontwikkel!
Ons dogters speel pragtige netbal en is altyd leergierig om nóg meer te ontwikkel!
Ons spog hierdie jaar met pragtige rokkies geborg deur BVSA.
​
​
Wen is lekker, maar om met `n goeie gesindheid die sport te geniet, is die beste!