Laerskool Buffeljagsrivier
Beheerliggaam 2023

Dehan van Deventer
Beheerliggaam Voorsitter
Ek is 'n melkboer van beroep en dien as beheerliggaam Voorsitter van Laerskool Buffeljagsrivier.
​
Ek het 'n groot liefde vir die skool en was self 'n leerder hier. Ek wil graag 'n omgewing skep waar ons net die beste vir elke leerder, personeellid en ouer kan wees.

Abrie van Zyl
Tesourier
Ek is 'n sitrusboer van beroep vir Suiderland. Ek dien as tesourier vir die skool.
​
My droom vir Laerskool Buffeljagsrivier is om die nodige finansies en infrastruktuur beskikbaar te stel sodat elke leerder hulle volle potensiaal kan bereik.

Marthalie Franken
Beheerliggaamslid OOV
Ek is 'n entrepreneur van beroep en is in beheer van die OOV van die skool.
​
As ouer stel ek 'n laerskool voor waar elke kind veilig, gewaardeer en geïnspireer voel om te leer. 'n Plek waar kreatiwiteit floreer, nuuskierigheid gekoester word, diversiteit gevier word en oop kommunikasie en vennootskap tussen onderwysers en ouers aangemoedig word, wat alles bydra tot die voorbereiding van ons kinders om te floreer in 'n steeds veranderende wêreld.

Pieter Potgieter
Beheerliggaamslid Busse
Ek is 'n boer van beroep en sien om na die skool se busse. Ek is al baie jare betrokke by Laerskool Buffeljagsrivier.
​
Ek wil graag sorg dat ons leerders te alle tye veilig en gemaklik vervoer word.

Elana Swart
Beheerliggaamslid Sekretaresse en OOV
Ek is 'n plaasvrou en murg en been! My werk ten opsigte van die skool is die administrasie van beheerliggaam en hulp tot OOV.
​
My visie vir die skool is dat elke leerder die beste moontlike onderrig ontvang en dat ons 'n skool is wat uitstaan maar nogsteeds ons "plaasskool" identiteit behou.

Wynand Kotze
Beheerliggaamslid Geboue en Terreine
Ek is die eienaar van Automation Works en dien op die beheerliggaam tov geboue en terreine om seker te maak dat alle instandhouding reg is.
​
Ek wil graag 'n veilige skoolterrein skep vir die leerders en probeer te alle tye deur tegnologie die skool en terrein verbeter.

Johan van den Berg
Beheerliggaamslid Bemarking
Ek is die Operationele Direkteur van maatskappye sowel as mediese en intel spanne.
​
Ek streef daarvoor om die skool se naam hoog uit te dra daar buite ten opsigte van bemarking en borge.

Gary Sheppard
Beheerliggaamslid Bemarking
Ek is 'n entrepeneur van beroep en dien saam met Johan as bemarkingslid op die beheerliggaam.
​
My visie vir die skool is om seker te maak dat elke leerder se volle potensiaal bereik word en gelukkig is.