top of page

Gr 3
Juf. Karin van der Westhuizen

Baie welkom in Graad 3!
Hier werk en leer ons baie hard, ons lewe elke dag voluit, ons leer van mekaar en ons respekteer mekaar. Ons leer dat Liewe Jesus ons elkeen uniek gemaak het en dat ons onsself moet "embrace".
Hier in Graad 3 leer ons soveel meer as net oor skoolwerk. Ons leer oor en deel in mekaar se lewens, ons kweek lewenslange vriendskappe en ons groei in ons eie uniekheid in `n veilige omgewing!


Aan die einde van graad 3 stap jy weg as die grootste, mooiste en helderste sonneblom in Jesus se blomtuin, jy laat groot voetspore in Juffrou se hart agter en jy het genoeg ammunisie om die wêreld aan te pak!

    Ken jou juffrou

    Juf. Karin het vanaf 2012 tot 2015 studeer aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT – Wellington Kampus). Sy is baie lief vir kinders en fokus veral op leerders met spesiale leerbehoeftes.
     

    Haar stokperdjies is tuinmaak, stappies op die plaas saam met haar diere en sy lees baie graag.


    Haar gunsteling kos is sushi en pizza.

    Belangrike inligting vir Gr 3

    Klastye: 07h30 - 14h30

    Uitstappies en spesiale Graad 3-dinge
    1. Aan die einde van elke jaar gaan ons saam met die Graad 1- en 2-maats op `n onvergeetlike uitstappie.
    2. In Graad 3 leer ons Wiskunde op tablette! (Hoe cool is dit nie?)
    3. In Graad 3 gebruik ons ons interaktiewe witbord optimaal!
    4. In Graad 3 het jy die lekkerste boekrak met die lekkerste boeke!
    5. In Graad 3 BLOM ons elke dag!

    bottom of page