top of page
Buffeljagsrivier school  badge.png

MEER OOR ONS

Struktuur en Profiel van die Skool

Die skool akkomodeer 176 leerders vanaf voorskool tot graad 7.  Volgens die leerder/opvoeder verhouding  van die onderwysowerhede, regverdig die skool slegs vier opvoeders wat deur die WKOD betaal word.  Dit sou beteken dat grade 1,2 en 3 in een klas, grade 4 en 5 in een klas, en grade 6 en 7 saam in ‘n klas onderrig moes word.  Dit sou dus ‘n multigraad skool moes wees..

Die skooltjie is baie klein met nege klaskamers wat skaars 20 leerders per klas kan akkomodeer.  Die hele skool kan op die meeste 200 leerders akkomodeer (Kleuterskool tot Graad7).

Multigraadonderrig is alles behalwe voordelig vir enige leerder en sedert Mnr. Fritz hoof geword het, is daar stelselmatig begin om meer opvoeders aan te stel.  

Ongelukkig is daar nie altyd fondse om nog opvoeders uit eie sak te besoldig nie, en het die hoof en beheerliggaam, in oorlegpleging met die twee opvoeders wat deur die WKOD betaal word, besluit om hul twee poste te deel met nog twee ander opvoeders.  Sodoende is daar nou vier “halwe poste” en ‘n vyfde en sesde pos wat deur die skool self betaal word.  Alle grade het nou elk hulle eie onderwyser.

Hierdie onderrigsituasie,  wat self deur die skool daargestel is, is seker een van die mees ideale onderrigsituasies in die land!  Waar kry jy nog ‘n skool waar daar gemiddeld 20 leerders per klas is en die skoolfonds binne die ouers se vermoë is.  Ongelukkig is daar mense wat aan die kortse end trek en dit is die opvoeders wat met meer as die helfte van hul  werklike salarisse tevrede moet wees.  Hulle het egter almal ‘n passie vir die skool en sy leerders en maak hierdie opoffering, sodat die kinders van Laerskool Buffeljagsrivier onderrig en opvoeding van die hoogste standaard kan kry en as goed aangepaste mense hul plek in die lewe kan volstaan.

Die grootste bevrediging en beloning is dan ook om te sien hoe kinders hier ontluik en hoe die beste in elkeen na vore kom.  Omdat die leerders so min is, kry elkeen meer as genoeg geleentheid om op elke terrein deel te neem en sy of haar talente te ontdek.  Almal moet rugby, netbal, mini-krieket, krieket, hokkie of toutrek doen.  Almal neem jaarliks deel aan die Eisteddfod en behaal uitstekende resultate in die kuns-, poësie-, prosa- en spreekkoorafdelings.  Ons kinders sing koor en as daar konserte of talent aande is, neem almal deel.

Een van die beste bewyse van hul suksesse is die top tien prestasielyste by Hoërskool Swellendam waar Buffeljagsrivier se oud-leerders uitstaan!

Ook op sportgebied presteer ons spanne uitstekend wanneer hulle teen ander klein skole deelneem.  Ons Toutrekprestasies is natuurlik seker die grootste bewys van wat daar met baie min vermag kan word – alle eer aan ons hoof en afrigter, Mnr. Fritz.

Ons leerders kom van die nabye omgewing en plaasgemeenskap, Swellendam, Suurbraak en Barrydale.  Die skool besit twee groot busse, en twee kleiner bussies waarmee leerders vervoer word.

Welcome to Buffeljagsrivier Primary School's Website

 

According to our knowledge, this historic school is the oldest in our region and quite possibly in the Western Cape. Initially the school stood on the banks of the Buffeljagsriver but was eventually swept away during a flood. The community made the church hall available (which now serves as our school hall) and this is how the current Buffeljagsrivier Primary School was started.

For more than 12 years it served as the church hall of the NG Kerk Buffeljagsrivier. It was used among other things for fetes, concerts etc. The "Strewers" held debates here and the KJV's get togethers were attended by past members like Mr Chris & Ms Elsa Rheeder, Mr Christo & Ms Loula Franken and Mr Muller & Ms Nelia van As. In 1968 there was even a Chinese dinner held here. In fact the school hall was the heart and soul of the community's cultural and political scene.

The hall was then divided into "classrooms" and in 1945 a seperate classroom was built to house the principle of the school. During the 50's the Department of Education added another 2 classrooms.

At one stage the Department of Education wanted to tear the buidling down, but in true Buffeljags spirit, the necessary funds were collected and the hall was transformed into a proper school hall with a stage, kitchen and a projector room. Movies were screened in this school hall on Saturday nights and this was probably the closest many residents came to an actual cinema.

The rugbyfield of the school was a donation from Mr Herman Steyn who owned the farm bordering the school. The living quarters of the principle and teachers were also donated and built by the community.

Children had to travel long distances to get to the school. In the 40's and 50's some children even had to take a boat across the Breërivier to catch the "bus" to school.The school bus was in actual fact a small lorry driven by Mr Martiens van As and later by Mr Paul Muller. Mr Johannes Swart had to ride his bicycle to school every day from Bontebokskloof. Mr Eben Brandt traveled by bicycle from Swellendam to the school. Many children used to stay with the Steyn family, Mr Neels Franken and others, who lived in the vicinity of the school.

After all is said and done the unmistakable fact remains that God always provided. Everywhere rural schools are closing down but for 120 years (2016), Buffeljagsrivier Primary School has gone from strength to strength by the grace of God and the support of a community who loves it. May this exceptional school last another 120 years!  According to the Education Department, the first reports received from Buffeljagsrivier Primary school, dates back to 1853, thus making us 161 years old.     Soli Deo Gloria

Please reload

bottom of page