top of page

Gr 2
Juf. René Meiring

Dit is ‘n opwindende en belangrike jaar! In ons Graad 2 jaar streef ons daarna om onafhanklikheid, selfbeheer, selfdissipline, selfvertroue en respek vir die omgewing te ontwikkel. Ons gaan ‘n besige en produktiewe jaar hê, gevul met baie geleenthede en kans vir leer. In die Graad 2 klas streef ek jaar na jaar daarna om elke leerder as ‘n individu raak te sien en so elkeen se besonderse behoeftes
aan te spreek. Die rustige, kalm manier van onderrig in die klas laat leerders veilig voel.

“Gee elke leerder ‘n geleentheid om self te ontdek.”


Die leuse wat reg deur die jaar in die graad 2 klas staan. Ons is almal gemaak om WENNERS te wees. Mag jou graad 2 jaar , die jaar wees waar jy elke oggend met ‘n opgewondenheid opstaan en weet vandag gaan ‘n GOEIE dag wees! In hierdie klas werk ons hard, luister ons mooi en gee altyd ons beste!

Ons gaan elke einde van die jaar as deel van ons afsluiting op ‘n heerlike Grondslagfase uitstappie.
In my jare al by die Buffeltjies was ons Artscape teater toe in die Kaap om "Vlooi" op die planke te gaan kyk.  Hierdie jaar gaan ons Oudtshoorn toe. Ons gaan die Cango grotte besoek asook die Cango Wildlife Ranch.


As deel van ons kurrikulum(mense in ons gemeenskap) besoek die polisie ons by die skool en kry ons die geleentheid om in ‘n regte vangwa te klim.

    Ken jou juffrou

    Juf. Rene het by die Noord-Wes Universiteit studeer en ontvang ‘n 4 jaar B.ed Gronslagfase graad.

     

    Haar stokperdjies is om tyd saam met haar gesin te spandeer en in die natuur te wees. Sy is ook lief daarvoor om op die strand te stap.


    Haar gunsteling kos is braaivleis.

    Belangrike inligting vir Gr 3

    Klastye: 07h30 - 13h30

    Dis baie belangrik dat elke leerder hulle naam en van ken.
    Ken mamma en pappa se naam en telefoonnommer.
    Leer u kind om verantwoordelik te wees en hul goed op te pas.
    Leerders moet elle oggend eet voordat hul skooltoe kom en genoeg slaap inkry sodat hulle vars kan wees.

     

    bottom of page