top of page

Senior Fase

Juf. Michelle Fritz

Vakke aangebied:

Wiskunde Graad 4 tot 7
NW Graad 7
Assisteer met kuns en drama Graad 4 tot 7

My gunsteling vak om aan te bied is Wiskunde. Ek sê altyd vir die leerders Wiskunde moes eintlik "werklike situasie logika" genoem word. Wiskunde is ń kuns om probleme op te los en situasies met begrip aan te pak..al is sit soms uitdagend, is dit opwindend!

    Ken jou juffrou

    Juf. Michelle het 4 jaar by die Universiteit van Stellenbosch studeer waar sy haar B.Ed Intermediere/Seniorfase voltooi het.

    Sy spesialiseer in Wiskunde en Wetenskap en het Visuele kuns as ekstra vak geneem.

     

    In haar vrye tyd geniet sy enige iets wat met die natuur en diere te doen het, stap, draf perdry, kamp, braai, verf, klavier speel, lees, gesellig wees saam met vriende en familie.

     

    Haar gunsteling kos is ontbyt - toast, avo, eier, vrugte smoothies...Sushi, speckled eggs, pringle chips, droë wors, pasta, pizza, braai en slaai..en nog vele meer!

    Boodskap van Juf. Michelle

    Ouers, wees asb. betrokke. Kyk gereeld deur jou kind se skryfboeke en teken by klastoetse. Volg die kwartaal beplanning voor in boeke. Stuur ń boodskap as julle iets nie verstaan. Ek maak graag video's om ń som weer te verduidelik. Wees asb. positief oor Wiskunde by die huis!

    Leerders moet weet dat hulle elke dag hulle kant moet bring en hulle beste moet gee. Jy moet trots wees op dit wat jy insit.


    Dit begin by wat in jou hart aangaan. As jy lief is vir die Here, jouself en ander..het jy al klaar jou beste gegee en sal alles anders in plek val.

    bottom of page