top of page
Buffeljagsrivier school  badge.png

Toutrek

Inleiding

 

Toutrek is ‘n sportsoort wat tans besig is om geweldig toe te neem onder Laer- en Hoërskole landwyd.  Dit is seker een van die mees aanskoulikste en gesonde spansporte wat daar is. Behalwe dat dit fisieke uithouvermoeë, krag en spanwerk toets, is dit uiters karaktervormend en opbouend. Nog ‘n bonus is dat daar baie selde beserings voorkom.

 

Leerders wat nie in ander sportsoorte uitblink nie, het nou die geleentheid om die hoogste sport te bereik. Dit is ook nie meer net ‘n seunssport nie, want al hoe meer dogters neem daaraan deel.

 

Laerskool Buffeljagsrivier neem sedert 2001 deel aan toutrek. Hulle spanne is eers deur Mnr.van Niekerk Eksteen afgerig met Mnr. Edward Fritz, (Skoolhoof) as hulpafrigter. Vanaf 2003 rig Mnr.Fritz die spanne self af.

 

Kompetisies

 

Toutrek is ‘n somersport en kompetisies vind gedurende Maartmaand elke jaar plaas. Verskeie provinsies in ons land en ook ‘n skool uit Botswana, ding jaarliks mee.  Provinsiale Kampioenskappe word eers gehou waarna die Suid-Afrikaanse Junior Toutrekkampioenskappe plaasvind. 

 

Laerskool Buffeljagsrivier maak geskiedenis

 

Tydens die SA Toutrekkampioenskappe 2004, word Laerskool Buffeljagsrivier, die eerste skool in die 24 jaar van SA Toutrek se geskiedenis, wat al vier afdelings in die kaalvoetafdeling wen! (Op daardie stadium was daar nog nie 'n 230kg afdeling nie) Die 320kg span het tydens die kompetisie die toekenning vir die beste Kaalvoet-toutrekspan ontvang siende die feit dat hulle al vir vier jaar onoorwonne was in die gewigsafdeling.

 

Toutrek afdelings

 

Hoërskole ding mee in die stewelliga wat die volgende gewigsafdelings insluit:

 

o    440 kg / 480 kg / 520 kg / 560 kg / 600 kg

o    Ouderdom van toutrekkers – 15 jaar tot 17 jaar  

 

Laerskole ding mee in die kaalvoetliga wat die volgende gewigsafdelings insluit:

 

o    230 kg / 280 kg / 320 kg / 360 kg / 400 kg

o    Ouderdom van toutrekkers - 8 jaar tot 14 jaar

Laerskool Buffeljagsrivier, Laerskool Buffeljags
Laerskool Buffeljagsrivier, Laerskool Buffeljags
Laerskool Buffeljagsrivier, Laerskool Buffeljags
Laerskool Buffeljagsrivier, Laerskool Buffeljags
bottom of page