Laerskool Buffeljagsrivier
Kleuterland
Gr RR
Juf. Megan de Jager
Welkom by Kleuterland! Hier is ons hoofdoelwit vir elke kind om sy/haar volle intellektuele, kreatiewe, sosiale en onafhanklike self te ontdek in 'n omgewing waar hulle veilig en geliefd voel en hul in staat stel om hul volle potensiaal te bereik.
Ons hou elke Vrydag Bak en Brou en gaan gereeld op uitstappies om sodoende ons kennis en ervarings op te bou.
​
Die belangrikste is om 'n liefde vir die skool te kweek, respek vir mekaar te bou en dat elkeen geliefd en gelukkig voel.
Ken jou juffrou
Juf. Megan studeer aan Boland College in die Paarl en het haar Graad R sertifikaat verwerf by Unisa. Sy het ook 'n Educare kursus gedoen.
​
Haar stokperdjies is om tyd saam haar gesin in die natuur te spandeer, 'n lekker boek te lees (as sy tyd kry), en te leer oor ander kulture.
​
Haar gunsteling kos is sushi.
Belangrike inligting vir Gr RR
Klastye: 07h30 - 12h30
​
Ons doen elke Vrydag lekker Bak en Brou en gaan gereeld op uitstappies.
Ons versorg ook die skool se diere en spandeer tyd in die groentetuin.
​