top of page

Kleuterland
Gr R
Juf. Arnel Neethling

In die Gr. R klas maak ons nuwe maats, leer baie nuwe dinge soos die alfabet letters met hulle klanke, ons doen somme en nog baie meer.

My doelwit is om 'n veilige omgewing te skep waar elke kleuter tuis en gelukkig sal voel. Ek streef om my beste te gee vir elke kleuter. My grootste vreugde is om te sien hoe elkeen ontwikkel teen hulle eie tempo.

Ons gaan op uitstappies en kyk hoe koeie gemelk word en skape geskeer word. Ook hoe hulle vrugte verpak. Ons Bak en Brou elke Vrydag en op warm dae hou ons selfs Slip en Slide. Ons het ook 'n projektor in die klas om ons leervaardighede te verskerp

Ek kan nie wag om saam met elke maaitjie te speel en te leer nie!

    Ken jou juffrou

    Juf. Arnel studeer te Wellington en verwerf haar OD Junior Primer in 1994 asook haar HOD Pre Primer in 1995.

    Haar stokperdjies is naaldwerk, bak en enige iets wat sy self kan maak en kreatief kan wees.

    Haar gunsteling kos is pizza, pasta of braaivleis.

    Belangrike inligting vir Gr R

    Klastye: 07h30 - 12h30

    Graad R maats dra skoolklere op Maandae en Donderdae en neem deel aan die skool se verskeie sportsoorte. Verder word daar ook deelgeneem aan Kleuteratletiek, Eisteddfod, die skoolkonsert. Ons begin ook in 2023 met ons eie Spreekkoor en ons is vreeslik opgewonde daaroor!

    bottom of page