top of page

Gr 1
Juf. Jonandi Steyn

Uiteindelik het die dag aangebreek … jou hart se punt gaan grootskool toe! Die
nuwe skoolklere is nog bietjie te groot aan die klein lyfies en dit is vir party ‘n
groot dag maar baie mammas (en heelwat meer pappas as wat ons dink) gaan
met rooi oë by die werk aankom.

Berei jouself voor vir die eerste paar weke wat nogal besig is – jy gaan dalk
ook oorweldig voel. Briewe kom huis toe, dit is oueraand en atletiek uitdunne. Die
hele jaar het gewoonlik nie so ‘n vol program nie; haal net asem-dit is gewoonlik
net die eerste rukkie.

Deur dit alles, kan jy gerus wees dat ons jou kosbare klein lyfie met net soveel liefde en sorg sal benader en dat hulle sommer vinnig vinnig gaan aanpas in die groot skool!

    Ken jou juffrou

    Juf. Jonandi het in 2012 haar B.Ed Grondslagfase geswot te CPUT Wellington.

    Haar stokperdjies is tuinmaak, tyd in die natuur te spandeer asook saal haar familie.


    Haar gunsteling kos is sushi, biltong, cinnamon roll, steak, calamari

    Belangrike inligting vir Gr 3

    Klastye: 07h30 - 13h30

     

    Maak asb seker dat alle skryfbehoeftes ens duidelik gemerk is.

    Elke leerder MOET ‘n tuiswerkboek hê! Graad 1 het `n “flip file”. Dit is die skakel tussen opvoeders en ouers rakende skoolwerk en take.

    Die heel belangrikste is dat die ouers die kinders ondersteun en gereeld met hulle gesels oor wat in hulle dag gebeur het. Wees betrokke by jou kind se aktiwiteite.

    Ouers is welkom om enige tyd met juf of die skool te kom gesels indien daar probleme is.

    bottom of page